ITU

Kenteken van die Internasionale Telekommunikasie Unie
Streke van die ITU:

   Streek 1

   Streek 2

   Streek 3

Die Internasionale Telekommunikasie Unie (ITU), oorspronklik gestig in 1865, is 'n spesialisagentskap onder beheer van die Verenigde Nasies wat die inligting- en kommunikasietegnologie (IKT)-standaarde beheer. Hulle ken globaal radiospektrum en satellietwentelbane toe, ontwikkel standaarde wat verseker dat netwerke en tegnologie foutloos verbind en streef daarna om die hele wêreld te verbind via kommunikasietegnologie.

Die ITU bestaan uit drie komitees:

  • ITU-R: Radiokommunikasie
  • ITU-T: Standaarde
  • ITU-D: Ontwikkeling

Die ITU se hoofkantoor is in Genève, Switserland. Daar is tans 193 lidlande van die ITU. Suid-Afrika se bande met die ITU dateer van 1881 toe die Britse Kaapkolonie by die organisasie aangesluit het.[1]

  1. (af) www.koersjournal.org.za: Pos en telekommunikasie in Suid-Afrika en elders in Afrika (bladsy 61 in dokument). Besoek op 30 Mei 2017

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search